ONS STORIE

Ek  draai regs  vanuit die N2 . Die bordjie wys die grondpad na die Moordenaarskaroo. Ek kyk deur die karvenster en sien die dorre landskap wat voor my uitstrek.  Hier-en- daar  sien ek ‘n groen bossie, maar verder is dit  net vaal en stof.

Ek sien in my geestesoog ‘n boer wat van dans van vreugde in die rëen.  Sy kinders wat gillend uit die huis uit hardloop en opgewonde hulle voete in die poeletjies stamp. Die glimlagte vertel ‘n duisend woorde.

Vanuit die plaashuis sien ek sy vrou Annie, daar is trane in haar oë as sy na die toneel kyk wat voor haar afspeel. Hoeveel nagte het hulle gebid vir die rëen. “Hierdie guns van God sal die swaarkry verlig”  prewel sy saggies terwyl sy met haar voorskoot die druppels van haar gesig afvee. Sy draai doelgerig om. Daar is anysbeskuit in die oond wat moet uit en verpak moet word vir aflewering in die dorp.

Tydens die 7 jaar droogte het Annie haar man bygestaan met die bak van beskuit en die inlê van vye en maak van appelkooskonfyt. Dit het hulle deurgestaan in die moeilike tye. Kinders se klere gemaak en die mediesefonds betaal.

Die dreuning van die motorenjin bring my terug na die oomblik. Ek verlang na die dae van ‘n  warm dik sny boerebrood, vetgesmeer met  plaasbotter  met ‘n stuk  ingelegte vy en kaas.

Dit is tydens hierdie rit waar die dorpskardoes gebore is. Ons wil vir julle die beste van die dorpies van ons pragtige land in ‘n kardoes bymekaar sit . Die stories deel van die geskiedenis van hierdie dorpies en die mense wat die dorpies nog betekenis en lewensreg gee en met almal van julle wil deel.

Hierdie is ons ‘n beskeie bydra om te verseker dat gister se klein juwele nog lank sal blink en ons hierdie gemeenskappe nog ekonomiese reg sal gee om nog vir lank deel van ons gister, vandag en môre te wees.

Ons wil julle aanmoedig om hierdeur ons dorpies te ondersteun. Ons hoop julle sal elke kardoes met dieselfde entoesiasme sal geniet soos die liefde  wat daar in gegaan het om dit te maak en bymekaar te sit. 

ONS ONDERSKRYWENDE BEGINSELS

OUTENTIEK
Ons produkte op ons platform moet oorspronklik en eg wees.

BEWARING VAN ONS ERFENIS
In Suid-Afrika is bewaring van ons erfenis letterlik deel van ons geskiedenis. Bewaring van ons natuurlike erfenis is dus so ‘n deel van die hedendaagse Suid-Afrikaner soos braaivleis en potjiekos. Ons moet waak teen die negatiewe impak wat die verlies van ons inheemse natuurskatte op ons erfenis sal hê.

ERKENNING
Ons wil graag alle persone op ons platform kan gelukwens met hul prestasies en ook ons dankbaarheid betoon teenoor dié wat ons ondersteun.

VERSOENING
Dis tog menslik dat almal foute maak of dat ‘n produk soms nie aan die verwagtinge voldoen nie. Ons wil ‘n ruimte skep om dit te kan regmaak en die verhouding met ons aanlyn gemeenskap te herstel.

INTEGRITEIT
Integriteit is eerlikheid, deursigtigheid en geregtigheid. Integriteit is om te weet wát die regte ding is om te doen en dit te doen. Kom ons maak dit prakties. Jy koop iets by ‘n winkel en hulle gee jou te veel kleingeld. Jy sien hoe dit gebeur. Bly jy stil, loop weg en is tog te dankbaar oor die gelukkie wat jou getref het? Of gee jy die geld terug? Integriteit is wanneer jou karakter na vore kom selfs daar waar niemand jou sien nie.

VERANDERING
Ons wil graag pioniers skep en ondersteun. Ons wil aan mense met nuwe idees en produkte blootstelling gee.

VOLHOUBAARHEID
Wat die natuur betref, beteken dit dat ons sensitief moet wees vir die ekologiese voetspoor wat ons aktiwiteite en fasiliteite op die omgewing laat. Volhoubaarheid beteken ook dat die impak van aktiwiteite op mense, die samelewing en die ekonomie in ag geneem moet word.

LEES MEER OOR HARTSKAMER

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop